
=====================================================================
Bertie du Plessis s (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Bertie du Plessis s

Aanhalings uit artikel in Insig

* "Afrikaans is 'n nisproduk; dis die taal waarin Afrikaanssprekendes tuis kom, daarom kan dit vir jou dinge doen wat geen ander taal kan 
nie. Maar dit beteken ook dat dit nie in vandag se global village 'n teenvoeter vir Engels kan wees nie."
* "Baie wit Afrikaanssprekendes hou die regeringsverandering van daardie jaar verantwoordelik vir omtrent alles wat Afrikaans in die 
afgelope jare benadeel het. Die feit is egter dat alle tale, nie net Afrikaans nie, sedert 1994 onder druk gekom het."
* "Die Web het 'n groter invloed op Afrikaans as die Suid-Afrikaanse regering  Die geweldige impak van die Web maak ook dat min van die 
taalsosiologiese navorsing wat voor 1994 gedoen is en handel oor die voortbestaan van tale, vandag nog sonder meer geldig is."
* [Met globalisering het] "daar ook 'n venster met 'n uitsig oopgegaan  'n Mens hoef vandag net Engels te ken om reg oor die wreld te kan 
meeding. Jou moedertaal anker jou lokaal  Omdat daar so 'n duidelike wenner op globale gebied is, is daar nou ruimte vir die ander tale om 
binne 'n nis te bloei. Die geheim is dat jy reg moet bemark. Te dikwels word Afrikaans opgeveil as 'n taal wat alles kan doen wat Engels 
kan: Dis 'n wetenskaptaal, taal van ho letterkunde, ensovoorts. Hierdie benadering benadeel Afrikaans waarskynlik meer as wat dit hom 
bevoordeel."
* "Afrikaans kan hom nou posisioneer as iets spesiaals: die taal van die persoonlike  Ons swerf deur die wye wreld; doen talle sake in 
Engels, maar kom tuis en haal jou das af, skop jou skoene uit in Afrikaans. Dit is die taal van jou gehaltetyd."
* "Natuurlik wil jy in jou gehaltetyd ook oor die wreld daarbuite verslag kan gee. Jy wil nie net oor huislike dinge praat nie. Daarom is 
hor funksies van die taal belangrik. Tog is die krag van jou nisproduk gele in sy vermo om jou na jou Afrikawortels toe terug te voer: 
onopgesmuk, aards, maar tegelyk byderwets."
* "Die fokus verskuif weg van die bevordering van 'n taal na die bemagtiging van mense wat Afrikaans praat."
* "Politiek moet so ver moontlik uit die gesprek oor taal gehou word.'
* "Die toekoms van die mark van Afrikaans is die kinders wat nou op die skoolbanke sit."
* "Sorgwekkend is dat in die elitegroep van Afrikaanse kinders (en dit geld vir swart en bruin) bykans geen belangstelling vir vermaak in 
Afrikaans op televisie is nie."
* "Aanvaar jy dat globalisering vir eers gekom het om te bly en dat Afrikaans nie met Engels kompeteer nie omdat Afrikaans 'n nisproduk is, 
moet 'n mens die gehalte van Engelse onderrig aan skole met hoofsaaklik Afrikaans as voertaal verbeter."
 Bertie du Plessis se e-posadres is bertie@mindpilot.co.za.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av743.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat:Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

